
Die Rooy Food Market vind komende Sondag, 29 Julie van 10:00 tot 15:00 by die van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaas. Soos altyd is toegang gratis. Plaaslike kunstenaars gaan die atmosfeer vir die dag skep terwyl daar te kies en te keur is tussen verskillende soorte kosse, drinkgoed en nageregte. Met disse soos Lip-lek-lekker Thai kosse, Waffle on a stick, biltong en Maleise lamskerrie of geurige kerrie en rys, is hierdie mark vir almal – vir vegetarieërs, vleiseters en suikerbeheptes.
Vir die fynproewers is daar ook boetiekbier, wyne en selfs lekker gluwhein beskikbaar wees.
Vir die kleinspan is daar ‘n poppekas, sprokiesagtige gesigverf en ‘n springkasteel asook lekker inkleurvermaak.
By die stokperdjie en handgemaakte afdeling is daar pragtige handsakke, varswater pêrels, beursies en handsakke beskikbaar. Daar is ook juwele, messe, natuurlike handgemaakte velprodukte, natuurlike lyfprodukte en kerse. Terwyl markgangers rustig sit en al die wonderlike geure van die kookpotte om hul geniet sal Wandre hul met sagte klanke vermaak. Bring vriende en familie, want hierdie mark is uit die boonste rakke.Die volgende Rooy Food Market is 26 Augustus. Vir navrae skakel Tania by 079 918 2092.