Die maan moet jy sien vanaand!
Onthou om vanaand, Vrydag 27 Julie, te kyk wanneer die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu oor die hele Suid-Afrika sigbaar sal wees. Jy sal dit nie weer voor 2100 sien nie. So maak seker jy kyk vanaand. Die maansverduistering behoort 1 uur 42 minute en 52 sekondes te duur vanaf 21:30 tot 23:13. …

Onthou om vanaand, Vrydag 27 Julie, te kyk wanneer die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu oor die hele Suid-Afrika sigbaar sal wees.
Jy sal dit nie weer voor 2100 sien nie. So maak seker jy kyk vanaand. Die maansverduistering behoort 1 uur 42 minute en 52 sekondes te duur vanaf 21:30 tot 23:13.
Met ‘n algehele maansverduistering beweeg die aarde tussen die son en die maan in en wanneer dit gebeur verander die maan se kleur in oranje tot dieprooi.
Een van die redes waarom die maansverduistering so lank sal duur is omdat dit apogee is. Dit beteken dat die maan op hierdie datum op sy verste punt vand ie aarde af is in sy maandelikse wentelbaan.
Nog ‘n rede is omdat die maan deur die middel van die umbra (volskaduwee of kernskaduwee) sal beweeg.
Hou hierdie in gedagte:
20:33 Begin van die maansverduistering
20:47 Kwart
21:01 Halfpad
21:16 Driekwart
21:33 Volledig
23:10 -Begin oopgaan
23:27 Kwart oop
23:38 Half oop
00:00 Driekwart oop
00:19 Vol oop