
Daar is die afgelope drie weke, drie gevalle van motorkaping by die Potchefstroom polisie aangemeld.
In al drie voorvalle het die misdadigers hulleself as polisie of verkeersbeamptes voorgegee.
Die Herald het by verkeershoof van die JB Marks munisipaliteit, Malcolm Grimbeek gaan hoor wat om in so situasie te doen.
1. Hou jou oë oop
Volgens Grimbeek hom moet ’n polisie- of verkeersvoertuig ’n blou lig hê, maar dit moet ook duidelik aan die kante gemerk wees.
2. As jy onseker is moenie stop nie
As motoriste gevra word om stil te hou en hulle is onseker of dit polisie- of verkeersbeamptes is, moet hulle na hul naaste polisiestasie ry.
3. Let op na fyn besonderhede
“Dit is belangrik dat motoriste ’n volledige beskrywing van die voertuig, registrasienommer, hoeveel mense daar was, wat hulle aangehad het en hoe hulle lyk, vir die polisie gee. Dit is al hoe die polisie hulle moontlik sal kan vastrek,” sê g