NewsNews

Polisie soek vermeende verkragters

Die polisie is opsoek na twee mans in verband met twee verkragtinsake wat in Junie in Ikageng en Promosa plaasgevind het.

Die polisie is opsoek na twee mans in verband met twee verkragtinsake wat in Junie in Ikageng en Promosa plaasgevind het.

Die man in die eerste foto word gesoek in verband met ‘n verkragting wat op 30 Junie omstreeks 03:00 naby die Ikageng stadium gebeur het. Hy is vermoedelik in sy laat twintigs of vroeë dertigs. Enige iemand wat inligting het oor die voorval kan dit aan die ondersoekbeampte, kst. A. Tsolo gee. Kst. Tsolo kan by (018) 293 9200 gekontak word.

Die man in die tweede foto word gesoek in verband met ‘n verkragting wat in Promosa naby die dam plaasgevind het. Hy bedryf glo ‘n Toyota Camry as ‘n taxi in die area, die slagoffer was die laaste persoon wat hy sou aflaai. Enige iemand wat inligting het oor die voorval kan dit aan die ondersoekbeampte, ao P. Totse gee. Ao Totse kan by 0609708966 gekontak word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button