Reeds van vroegoggend tot byna 13:00 was daar al deurlopend ‘n konstante stroom mense wat kom stem het by die Parys Biblioteek vir die tussenverkiesing in Ngwathe se Wyk 12. Die pos het vakant geraak na die bedanking van raadslid Saal de Jager om hom op sy sakebelange te kon toespits.
Onthou jy het nog net tyd tot 19:00 vanaand om te stem as jy ‘n geregistreerde kieser in wyk 12 is.
Die kandidate wat staan in die tussenverkiesing is Andries Vrey (DA), Lehlohonolo Thomas Mtsobane (EFF), Phillip van der Merwe (Vryheidsfront Plus), en Peggy Nonyana (ANC).

Daar is 3 stemlokale waar gestem kan word. Dit is by die Parys openbare biblioteek, die Parys-stadsaal en die AME St Leonard Church.
Onthou asseblief om jou ID dokument of ID Smart Card saam te neem as jy gaan stem.



