NewsNews

Werknemers steel 900 hoenders van besigheid

Die drie werknemers sou Dinsdag in hegtenis geneem word op aanklag van diefstal

‘n Hoenderplaas by die Mooibank kleinhoewes het Sondagoggend (9 September) sowat 900 hoenders verloor nadat werknemers van die besigheid besluit het om hul vragmotor vol te laai.

Volgens polisiewoordvoerder ao Mpho Manyoba, het die bestuurder van die onderneming agtergekom dat van die hoenders weg is. Hy het na die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras gaan kyk waarna hy gesien het hoe drie werknemers omstreeks 06:30 Sondagoggend ongeveer 90 kratte hoenders op ‘n vragmotor laai.

Die 900 hoenders is sowat R40 000 werd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button