
Sons of Guns in samewerking met die SAJWV Olienhout-tak bied ’n kompetisie geleentheid aan ten bate van SAJWV Olienhout se nuwe skietbaan wat hulle tans besig is om klaar te bou.
Die kompetisie vind plaas op 4 Oktober en is ’n 9mm groepering skiet. Die koste is R100 per inskrywing.
Die kompetisie is van 14:00 tot 20:00. Sons of Guns in Arthur Fisherstraat 16, Parys, sal die vuurwapen, ammunisie en teikens verskaf. Almal is welkom om die dag saam te kom geniet en terselfdertyd die projek te ondersteun.
Vir navrae oor die kompetisie skakel Sons of Guns by (056) 811 2307.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



