
Die finale brandstofprysstygings vir Oktober is bekendgemaak en sal binnelandse motoriste vanaf Woensdag 3 Oktober vir die eerste keer ooit meer as R17 per liter moet opdok vir petrol.
Dit is die grootste styging in die petrolprys sedert April 2015. Vir 95 oktaan petrol styg die prys met R1 per liter. Dit beteken 95 oktaan petrol sal jou nou in die binneland R17,08 kos en aan die kus R16,49. Die prys van 93 oktaan petrol sal 99 sent duurder wees.
Diesel word R1,24 per liter duurder. Gaspryse styg met R1,79 per kilogram en parafien met R1,39 per liter.
Dit beteken dat jy R200 meer uit jou sak sal moet haal vir petrol sou jy elke maand 200 liter brandstof gebruik het en R248 meer vir diesel.
Omdat die styging in die brandstofprys ook die prys van ander produkte kan opjaag, kan dit weer die algemene inflasiekoers laat styf wat weer kan meebring dat die Reserwebank dalk eerder vroeërdie rentekoers kan verhoog.




