SASOLBURG. – ‘n Botsing op die kruising van die R59 en DF Malan (Shell motorhawe) het Maandagmiddag 22 Oktober net voor 17:00 die lewens van twee mense ge-eis.
Een persoon is in sy voertuig verkool en ’n bejaarde man het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk, berig Vaalweekblad.
’n Vragmotor, Suzuki Vitara, Nissan Bakkie en Opel Corsa was in die botsing betrokke.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



