NewsNews

Plaasmeisie herstel goed na aanval in Bailliepark

Plaasmeisie herstel goed na aanval in Bailliepark

Dit gaan beter met die jong Potchefstroomse vrou, Nanna Viviers (25), wat op 20 Oktober saam met haar vriend, Albert John (23) tydens ’n huisroof aangerand is.

Nanna is die oggend van haar verjaarsdag in hul huis in Bailliepark gewelddadig aangerand en byna verkrag.
Hoewel haar eksterne beserings besig is om goed te herstel, is Nanna emosioneel nog baie onstabiel.

Volgens haar pa, Jacques Viviers, is Nanna uit die hospitaal ontslaan. Sy het Vrydag ’n oogspesialis gesien wat tevrede is met die herstel van haar oog. Sy het egter steeds dubbelvisie in haar oog en dit sal sowat ses weke neem om te herstel. Die skade aan haar gesig kan tot ’n jaar neem om te herstel.

Nanna Viviers die oggend nadat haar oog geopereer is. Foto: Verskaf

Nanna Viviers die oggend nadat haar oog geopereer is. Foto: Verskaf

Volgens haar pa is sy baie emosioneel en veroorsaak die gruwelike aanval steeds nagmerries.

“Sy gebruik kalmeer- en pynpille en ’n slaappil elke aand,” sê Jacques.

Nanna en Albert sien ook tans ’n pastoor om hulle te help om deur die trauma te werk en gaan binnekort met berading begin. “Ons vat dit maar dag vir dag,” sê Jacques.

Die polisie kon nie bevestig of enigiemand in verband met die aanranding in hegtenis geneem is nie, maar volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, word verskeie leidrade opgevolg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button