
Daar word nog steeds gesoek na die Isuzu Bakkie (registrasienommer HCM 464 FS) wat op Saterdag 24 November voor Parys Kwekery gesteel is, asook die Toyota Corolla wat uit die onderdak parkering by die Checkers-sentrum gesteel is.
Onthou as jy enige verdagte persone of bewegings sou opmerk, rapporteer dit sonder versuim aan die polisie. Moet nooit enige inligting as waardeloos beskou nie. Met die Feesseisoen op hande en misdaad wat ’n al groter probleem word, is dit nodig dat die publiek help om die oë en ore van die polisie te wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



