News

Só het dit vanoggend nog gelyk ná reën en hael in die Koepel

Só het dit vanoggend nog gelyk ná reën en hael in die Koepel

Na meer as 170mm reën en hael soos groot soos gholfballe wat gistermiddag oor Schoemansdrift in die Vredefort Koepel uitgesak het, en op plekke groot skade aangerig het, het hael vroeg vanoggend (Maandag 28 Januarie) nog by plekke soos Baskop in die pad gelê.

By beide ingange by Baskop het water soos ‘n rivier geloop.

So het dit vanoggend nog by Baskop gelyk.
By Juan en Jani Greeff op die plaas Mooihoek langs die S80 het selfs van hul huis se plafonne meegegee onder die gewig van die hael.

En by Witklipfontein Lodge, sowat 5km vanaf die Schoemansdrif-brug is groot skade deur die reën en hael aangerig met wildsheining wat op plekke verspoel het, ‘n voertuig waarvan die bakwerk en windskerm deur die hael beskadig is, en duisende se skade aan store en werkershuise wat letterlik gevou het onder die watermassas en hael.

Volgens Dorothy Huyberechts van Witklipfontein Lodge, is daar na die watervloedgolf ook niks oor van die organiese groentetuin by die gastehuis  nie. Alles het weggespoel.
Dit was sneeuwit na die hael –  soos in België vertel Dorothy wat vroeër in België gevestig was.


Op Vredefort is meer as 40mm reën gemeet, en in Vanderbijlpark ook meer as 45mm reën. In Parys is 46mm Sondag gemeet, wat die totaal vir Januarie vir Parys reeds op 161mm gebring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button