NewsNews

Palissade-pen steek in man se arm

Palissade-pen steek in man se arm

‘n Man moes Saterdagoggend in die vroeë oggendure noodmediese behandeling ontvang nadat hy oor ‘n palissade-heining probeer klim het.
Die man het klaarblyklik sy balans verloor en een van die staalpenne van die palissade het toe in sy arm gesteek. Die Ngwathe Brandweerdiens het met lewenskake gehelp om die stuk staal los te sny van die heining, terwyl Community Care noodmediese personeel hulp op die toneel verleen het.
Die man is toe per ambulans na die hospitaal geneem waar die staalpen in die teater uit die man se arm verwyder moes word.

Die man het aan polisie en sekuriteitsbeamptes gesê dat hy oor die palissade wou klim om glo kos te kry.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button