NewsNews

Letters teen sekondes vir die Groot SPEL

Letters teen sekondes vir die Groot SPEL

Spel nou tongknopers soos gespikkelde-miniatuurgroentekewer, meervoudigeprobleemsiektetoestande, metaaloksiedsilikonveldeffektransistor, of gewapendebetonbrugkonstruksiemaatskappy.
Van die begin het dié program waar jy jou letters teen sekondes agter mekaar moet kry, vir Carla du Plessis-Viljoen van Parys vasgenael voor die TV gehou.
Toe die uitnodiging in Desember kom om vir KykNet se baie gewilde program, “Op die Spel” in te skryf, het Carla nie op haar laat wag nie en die aanlyn inskrywing voltooi. Toe kom die nuus dat sy die aanlyn toets geslaag het, en is ‘n telefoniese onderhoud met haar gevoer.


Kort daarna het sy, terwyl sy hard aan die oefen op die muurbalbaan was, gehoor dat sy gekeur is vir die TV-opname. Uit die meer as 600 aanlyn-aansoeke, was dié voorreg net 32 leerders beskore.
Die reeks word vanaf 8 April uitgesaai en sal jy Carla in aksie sien waar sy haar spelvernuf teen mede-leerlinge vanoor die land toets. Carla is ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button