Volgens die student se ma het sy en haar vriendin buite gebou E3 (een van die Ekonomiese Wetenskapgeboue) gesit en roomys eet toe ’n man na hulle toe kom. Die man het vir aanwysings gevra en daarna hul selfone geëis.
Toe die studente weier, het hy die een met ‘n mes in haar arm gesteek voor hy haar selfoon gegryp en gevlug het.
Louis Jacobs, NWU woordvoerder sê kampus-Beskermingsdienste is besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoe die man toegang tot die kampus gekry het. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof met ‘n mes.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



