NewsNews

Waar ‘n wil is ‘n weg

Waar 'n wil is 'n weg

Johan Jackson en André Venter is twee entrepreneurs wat nie toegelaat het dat werkloosheid en ’n paar uitdagings in hul pad staan om vir hulself ’n inkomste te skep nie.
Die twee het in Februarie vanjaar met hul eie tuindiens begin. Aanvanklik het hulle net twee kliënte gehad. Vandag – 3 maande later, het hulle reeds 21 kliënte.
Wat hul verhaal anders maak is dat dié twee geen vervoer het nie. Met kliënte wat letterlik verspreid is oor die dorp, stap hul met hul grassnyers en kantsnyer winter en somer, om te kom waar hulle moet wees.
Hul werksywer en trots waarmee hulle die gras sny en beddings doen, het mense so geïnspireer dat hulle in die drie maande die grassnyer en kantsnyer wat hule aanvanklik moes leen, kon teruggee, en nou reeds twee grassnyers en ‘n kantsnyer van hul eie het wat vir hulle geskenk is deur hul kliënte.


En toe daar gesien is hoe die gras- snyers se wiele deurloop van die stappery deur die dorp, het nog ‘n kliënt gesorg vir ’n trollie waarop hulle die grassnyer en kantsnyer kan laai.
André vertel dat hy vantevore ook ‘n tuindiens in Vierfontein gehad het.
Die stappery tussen die tuine is vir hulle geen probleem nie. Solank hul kliënte tevrede is en hulle op dié manier kan seker maak daar is kos op die tafel, glimlag dié entrepreneurs breed.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button