NewsNews

Amper 1 000 kanaries onder een dak

Amper 1 000 kanaries onder een dak

VANDERBIJLPARK. – Hoor jy ‘n voëltjie in die tuin fluit, kan jy net met verwondering daarna luister, maar het jy al die samesang van amper eenduisend kanaries in een vertrek gehoor?
Vir Vaaldriehoekers was dit onlangs beskore by die grootste kanarieskou ooit in die Vaaldriehoek. Die skou wat deur die Driehoek Kanarie Klub by die PPK Kerksaal in President Steynstraat gehou is, het kanarie-entoesiaste vanoor die hele land na dié spoggerige geleentheid gelok.
Die 41 telers het ook nie teleurgestel nie en 943 spogvoëltjies wat met groot sorg geteel is, het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap om die wenners aan te wys.
Die wentitels behoort aan hierdie telers:
Die Borders en die Fifes is deur Pieter Kemp gewen. Met die Fiorina Frills het Aletta Pedro skoonskip gemaak, asook met haar Parisian Frills.
Die Glosters-kategorie is deur Johan Cronjé gewen en Danie Pienaar het met sy Lizard-kanarie gewen. Mark Souls is met sy New Colours-kanarie as wenner gekroon, terwyl die Dutch Frill-kanarie van Gert Lindeque die wenner was. Anton Engelbrecht se Norwich het die wenplek geneem en Mike Sullivan se Redfactor het die kategorie gewen. Die Rollers-kategorie is deur Mark Souls, die Staffords deur Les Weyers en die Yorkies deur Johan Smith gewen. Almal wat die skou bygewoon het is dit eens dat die kwaliteit van die voëls baie hoog is en dat daar volgende jaar ‘n rekordgetal inskrywings verwag kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button