News

Dorp dalk sy leiwater kwyt

Dorp dalk sy leiwater kwyt

Leiwater wat solank as wat die dorp bestaan al deel is van Parys, sal eersdaags dalk nie meer in die leivore langs Parys se strate gesien word nie.
Dit nadat ’n mosie Vrydag 31 Mei voor die Ngwathe Raad gedien het vir die afskaffing van Parys se leiwater-diens, wat dan ook sal beteken dat inwoners vanaf 1 Julie nie meer vir dié diens op hul munisipale rekening sal betaal nie. Die mosie is ingedien na aanleiding van ’n verslag uit die IDP mediumtermyn begroting wat na die raad verwys is. In die verslag word die aanbeveling gemaak dat die leiwatertarief afgeskaf en die diens gestaak moet word omdat die munisipaliteit nie meer in staat is om die diens volhoubaar te kan lewer nie. Die trae en gebrekkige instandhouding en skoonmaak van die dorp se leiwatervore en kanale wat gewoonlik in die wintermaande gedoen moet word, skep al vir jare ’n probleem wat veroorsaak dat inwoners elke jaar maande laat weer leiwater na die winter kry.
Met die beplande afskaffing van die diens sal dit daartoe lei dat die leiwater infrastruktuur tot niet sal gaan en nog bykomende druk plaas op die dorp se reeds kommerwekkende waterprobleem.
Dit nadat twee pompe pas herstel is by die pompstasie, en twee pyplyne nog net herstel moes word.
Volgens oudraadslid Saal de Jager, het die leiwater tog verligting gebring met inwoners wat van dié water gebruik kon maak om hul tuine nat te lei in plaas daarvan om munisipale water te gebruik.
Raadslede het veral hul ernstige kommer uitgespreek oor die feit dat die publiek nie geken is in die besluitneming oor die kwessie van afskaffing van die dorp se leiwaterdiens nie. ’n Deel van Parys se geskiedenis en sy besondere karakter wat hiermee danksy swak bestuur tot ’n einde sal kom.
* Laat weet vir ons wat is jou gevoel oor die leiwater. Skryf na gazettenuus@gmail.com of laat ’n boodskap op Parys Gazette se Facebookblad. Lesers kan ook (056) 817 2267 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button