‘n Vrou in haar 20’s is Donderdagaand (25 Julie) dood toe haar motor sowat 20km op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg omgeslaan het.
Volgens Ross Campbell, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 19:35 by die ongelukstoneel gekom waar die vrou binne die motor vasgekeer was. Sy het verskeie beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie.
Die brandweer het die vrou se liggaam uit die motor gehaal. Sy is op die toneel dood verklaar.
Polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



