NewsNews

Vryheidsfront Plus wen tussenverskiesing

Potchefstroom – Die Vryheidsfront Plus het  Woensdag 18 September  Wyk 2 tydens ‘n tussenverkiesing in Potchefstroom gewen. Dié wyk was voorheen deur die DA beheer. “Die VF Plus se aantal stemme het sedert 2016 se munisipale verkiesing met 56% gestyg. Die VF Plus-kandidaat, Everhard Laing het die wyk gewen en die partry se groei in …

Potchefstroom – Die Vryheidsfront Plus het  Woensdag 18 September  Wyk 2 tydens ‘n tussenverkiesing in Potchefstroom gewen.

Dié wyk was voorheen deur die DA beheer.

“Die VF Plus se aantal stemme het sedert 2016 se munisipale verkiesing met 56% gestyg. Die VF Plus-kandidaat, Everhard Laing het die wyk gewen en die partry se groei in Noordwes met 8 Mei se algemene verkiesing voortgesit. As wyksraadslid sal Laing alles in sy vermoë doen om Wyk 2 se inwoners se belange te dien,” het Groenewald gesê.

Volgens Laing is harde werk beloon. “Dit is vir my werklik ‘n eer om die gemeenskap te kan dien. Ek sal my beste en alles gee om hierdie verantwoordelikheid te dra. Ek wil ook elke kieser wat hulle vertroue in my geplaas het, bedank,” het hy gesê.

Die Vryheidsfront Plus het 662 gekry terwyl die DA 479 en die ANC 381 stemme gekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button