Boks vir ‘n boervrou in droogtegebied – jy kan help
Daar is vroue in ons land met nood. Groot nood as gevolg van ‘n knellende droogte en jy kan help. VLV (Vroue Landbou Vereniging) Wellington Sirkel Paarl het begin met ‘n projek om voor Kersfees vir elke boervrou in droogtedorpe in ons land ‘n bietjie hoop te gee met die projek, genaamd, “Boks vir ‘n …
Daar is vroue in ons land met nood.
Groot nood as gevolg van ‘n knellende droogte en jy kan help.
VLV (Vroue Landbou Vereniging) Wellington Sirkel Paarl het begin met ‘n projek om voor Kersfees vir elke boervrou in droogtedorpe in ons land ‘n bietjie hoop te gee met die projek, genaamd, “Boks vir ‘n boervrou in droogtegebied”.
Wat behels die projek?
Jy kan ‘n skoenboks of soortgelyke grootte boks vul met nie-bederfbare eetgoed, speserye, oats, wasmiddels, dettol, selfs ‘n lekker koffie of kondensmelk, badkameritems of wat ookal jou hart voel om in die boks te sit. Enigiets. Wat ookal jou sak pas. Jy kan dit self doen, of saam met ander, as groepe, kerke, skole of organisasies.
Die bokse word toegedraai in koerantpapier of bruinpapier met ‘n mooi lint om en gestuur na VLV Wellington. Die vroue sal dan seker maak dat die bokse saam met ‘n vrag voer gestuur word na droogtestreke waar die nood die hoogste is.
Die projek eindig einde Oktober.
Daar is reeds oorweldigende reaksie vir die projek regoor die land gekry en word probeer om soveel moontlik afsetpunte vir die bokse te kry.
Vir die VLV is dit deel van hul gemeenskapsuitreik.
Vir my en jou ‘n manier om dankie te sê vir wat ons het en uit te reik na hulle wat werklik nou nood ervaar.
Daar is twee punte in Parys waar bokse afgegee kan word.
Parysenaars kan bokse voor 25 Oktober afgee by Mirabel Gastehuis in De Villiersstraat waar Valtrac dan die koerierkoste na Wellington dra, of
Bokse kan afgegee word by Gerda Small Prokureurs by Waterstraat 22 Parys ook teen nie later as 25 Oktober.
Jy kan ook Juanita by 083 264 9834 of Karen by 082 448 0690 skakel om te hoor waar jou naaste afsetpunt is vir mense wat nie in Parys is nie.





