NewsNews

Neem kennis – dié groep het talent!

Neem kennis - dié groep het talent!

Dit het Hoërskool Parys se sanggroep, “Take Note” die afgelope naweek weer bewys toe hulle in Boksburg hul pad oopgesing het tot in die finaal by die Animato A Cappella.
Nie net is hulle na die finaal aangewys as die mees belowende groep nie, maar het hulle ook die FAK-wisseltrofee ontvang vir die Beste Afrikaanse Musiekverwerkings, en is bekroon vir die groep met die Mees Oorspronklikste Tema (Kommunikasie).
Kyk gerus hoeveel talent hierdie groep het wanneer hulle binnekort op Kanaal 147 op Via op die program, “StemSaam” te sien sal wees.
Animato A Cappella is ‘n nasionale kompetisie vir hoërskole waar deelnemers ‘n program van 15 minute sang moet aanbied sonder begeleiding.
Meer oor ‘Take Note’
Die sanggroep is in die middel 1990’s deur Marli Kruger gestig en het ‘n sangtradisie by die skool geskep tot 2004. As gevolg van omstandighede is die groep in 2005 verander in ‘n dog- terskoor, en later gemengde koor, wat gefunksioneer het tot 2014.
In 2015 is daar toe weer oorgeskakel na ‘n sanggroep, en die naam ‘Take Note’ het herleef met afrigters Marli Kruger, Sanci Cilliers en Dinette Prinsloo.

‘n Baie trotse mevv. Sanci Cilliers en Marli Krüger, afrigters van Take Note, met die FAK-wisseltrofee wat Take Note verower het vir die Beste Afrikaanse Musiekverwerkings. Foto: Hoërskool Parys Facebook-blad. 
Die groep word tans deur Marli en Sanci afgerig, maar het hulp uit verskeie oorde ontvang vir die finale afronding vir die kompetisie. Erna Rademan het gehelp met die vokale afronding, Lindie Daniel en Christelle Fouché het Sanci bygestaan met die choreografie, terwyl Lindie ook met die dekor en rekwisiete gehelp het.
Die groep bestaan uit tussen 10 tot 18 lede (dit verskil van jaar tot jaar).
Kleingroepsang is uniek in die sin dat daar soms net twee of drie persone per stemgroep is, wat baie groter eise aan musikaliteit stel.
Leerders kan slegs kwalifiseer om in die groep te sing as hulle musikale gehoor fyn ontwikkel is.
Aangesien elkeen in ‘n klein groep ‘n groot rol speel, is totale toewyding natuurlik ook ‘n vereiste.
Leerders wat deur die jare in ‘Take Note’ gesing het, het hegte vriendskappe gesmee… vandaar hul leuse: It’s not a choir – it’s a family.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button