NewsNews

Lewer gee dogtertjie ‘n tweede kans

Die ongelooflike nalatenskap van die 63-jarige prof. Elda de Waal is selfs na haar skielike dood iets wat geslagte lank nog onthou sal word. Maar dit was ook met haar dood wat sy nog ‘n lewe geraak het met haar lewer wat vir ‘n 8-jarige dogtertjie geskenk is. Prof. Elda was ‘n geregistreerde orgaanskenker. Sy …

Die ongelooflike nalatenskap van die 63-jarige prof. Elda de Waal is selfs na haar skielike dood iets wat geslagte lank nog onthou sal word.

Maar dit was ook met haar dood wat sy nog ‘n lewe geraak het met haar lewer wat vir ‘n 8-jarige dogtertjie geskenk is.

Prof. Elda was ‘n geregistreerde orgaanskenker.

Sy is verlede Donderdag 7 November breindood verklaar nadat sy verlede Dinsdag ‘n hartaanval gehad het. Al haar organe wat nie beskadig is nie, is geskenk.

Prof. Elda wat in Vereeniging gevestig was, was ‘n internasionaal bekroonde opvoedkundige en navorser van die Noordwes Universiteit.  Haar passie vir die onderwys was wel bekend en is sy op nasionale en internasionale vlak erken. In 2018 ontvang sy onder meer ‘n toekenning as een van die invloedrykste vroue in Afrika. Verskeie boeke is deur haar gepubliseer

Haar gedenkdiens is Vrydag 15 November om 11:30 in die Lux Deo NG gemeente in Arcon Park, Vereeniging.

Bron: Netwerk24

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button