Dankbaar vir elke mylpaal
"Hou haar asseblief in jul gebede, want saam met genade is dit al wat sy nodig het."

“Hou haar asseblief in jul gebede, want saam met genade is dit al wat sy nodig het.”
Die woorde wat Christo Meyer vanmiddag gedeel het, tien dae nadat sy vrou, Gerda, met haar fiets geval en baie ernstig beseer is.
Gerda was vir 18 jaar maatskaplike werker by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys en het einde Julie met pensioen afgetree. Iemand vir wie haar werk werklik ‘n roeping was en wat besonder geliefd is in die Parys-gemeenskap.
Gerda het op Sondag 3 November met haar fiets op die h/v Schilbach- en Conrystraat geval en is met ernstige beserings van die ongelukstoneel eers per ambulans na Vaalpark Netcare geneem, en toe per lug oorgeplaas na die Milpark Netcare-hospitaal se Trauma eenheid met onder meer ‘n skedelbasisfraktuur en skouerfraktuur.

Na tien dae van intensiewe sorg is Gerda vandag, 12 November, oorgeplaas na die neurologiese hoësorgeenheid in Milpark.
Sy het sedertdien stemband- en longontsteking opgedoen wat behandel word maar vorder elke dag ‘n bietjie.
Vir haar is dit nog ‘n baie lang pad na herstel wat nog etlike maande kan duur, maar dit is gebede wat haar en die familie dra.
“”Moenie ophou bid nie, want saam met genade is dit al wat sy nodig het.”





