NewsNews

Monument-boodskappe in 2038 gelees

Monument-boodskappe in 2038 gelees

Maandag 28 Oktober was dit presies 81 jaar dat die monument in die Hoërskool Parys se Tuin van Herinnering gebou en onthul is vir die 100 ste herdenking van die Groot Trek in 1938.

En 19 jaar van nou sal matrikulante van Hoërskool Parys weer geskiedenis maak wanneer hulle die voorreg sal hê om die briewe te lees wat 100 jaar tevore deur skoliere van dié skool geskryf en in ‘n geheime spasie in die klipstapel-monument geplaas is.

Die 91-jarige tannie Marie van der Merwe van Amot onthou soos gister hoe sy (toe nog ‘n nooi Briel) en haar skoolmaats, elkeen ‘n klip van die huis of plaas af skool toe moes bring wat deel sou vorm van die klipstapel.

Twee ossewaens, die Andries Pretorius-wa en die Hendrik Potgieter-wa het die dorp op 28 Oktober 1938 besoek. Voor die klipstapel is ‘n sementblad voorberei. Die osse het die wa oor die nat sement getrek en die os- en wawielspore gelaat wat vandag nog daar gesien kan word. Die skoolkinders het ook ‘n gelofte afgelê om “bruikbare en self-respekterende landsburgers te wees”. Daardie gelofte is geraam en pryk vandag nog teen die muur van die skoolhoof se kantoor.

Volgens Tannie Marie was dit die destydse skoolhoof, mnr. Van Huyssteen, wat die hele geleentheid gereël het. Dit was ook die skoolhoof wat opdrag gegee het dat die matrieks van honderd jaar later – dus 2038 – daardie boodskappe mag uithaal en lees. Dit beteken dat kinders wat in 2020 gebore word, waarskynlik deel van daardie groep matrieks gaan wees. (Dank aan Marli Kruger vir die berig en foto’s)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button