Hackney ponies en perde deel van Saalperd-skouspel
Hackney ponies en perde deel van Saalperd-skouspel

Parysenaars wat vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie tevrede moet wees vir die Desember-vakansie, kan weer uitsien na die aksie wat elke jaar in die dorp gesien kan word wanneer die Kers Saalperdskou, met Obaru as hoofborg, by die AfriDome gehou word. Vanjaar se spogskou vind plaas van 5 tot 7 Desember. Bring die familie, vriende en besoekers en kom kyk.
Naas die room van die land se saalperde, is daar ook die Hackney ponies en perde wat vanjaar tydens die skou sal pronk.
Die program sal daagliks aangebied word van 09:30 tot laat en toegang vir die Donderdag en Vrydag kos R30 per persoon. Toegang vir Saterdag 7 Desember kos R50, en kan die grootkampioenskap klasse dan gesien word wat jaarliks sorg vir ‘n skouspel van aksie. Kersvader sal oor die etensuur ‘n draai maak met geskenkies vir die kinders, terwyl Tanya V om 17:00 optree.
Parkering kos R20 per voertuig per dag.
Maak seker jy mis nie die vanjaar se skou nie. Naas uitstallers is daar ook die restaurant en heerlike eetgoed.





