News

Parys-atlete skitter by jeugkampioenskappe

Parys-atlete skitter by jeugkampioenskappe

Atlete van die Fun Innovative Training (FIT) klub het almal die afgelope kwartaal aan verskeie atletiek ligabyeenkomste in Potchefstroom deelgeneem.
Die byeenkomste is op Dinsdagaande gehou en enige atleet kon deelneem vanaf 6-jarige ouderdom en selfs jonger, tot en met senior atlete.
Verskeie items is aangebied wat ontwikkeling en talent-identifisering ondersteun, soos ‘n 600m-item en “turbo javelin” vir o.9 deelnemers.
Na afloop van die liga-byeenkomste is daar ‘n Noordwes sub-jeug klubkampioenskap gehou, waartydens atlete aan ‘n bepaalde standaard moes voldoen om die Noordwes-span te haal.
Tien van Parys se atlete het aan die standaard voldoen en het so hul Noordwes-kleure verwerf en deelgeneem aan die jeugkampioenskappe wat op 23 November in Sasolburg gehou is.


Johanka de Villiers het tydens die byeenkoms uitsonderlik presteer, met ‘n goue medalje in die 80m.
Verskeie provinsies was verteenwoordig, met 1200 atlete wat deelgeneem het.
Ongelukkig het die byeenkoms uitgereën en heelwat items moes gekanselleer word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button