News

Kaapse boer dood nadat sy boerboel hom aanval

Kaapse boer dood nadat sy boerboel hom aanval

Foto ter illustrasie

Lategan is in sy huis oorlede nadat sy verloofde dit reggekry het om hom in te sleep na die voorval.

Volgens die plaaslike aanlynpublikasie FiND iT sê Betsie Swanepoel, Lategan se dogter, dat dit begin reën en hael. Hy wou sy motor se een kant met ’n kombers bedek om dit teen die hael te beskerm. “My pa en sy verloofde, Santa Venter (64), het uitgegaan om die motor te gaan bedek, toe die hond eers vir Santa aan die rok gryp. Sy het haar rok weggeruk.”

“Ons weet nie was dit die harde geluide van die hael op die sinkdak nie, maar die hond het verbouereerd geraak. Hy het op my pa gespring en hom gebyt. My pa het agteroorgeval en die hond het bo-op hom gaan staan en hom verder in sy gesig en nek gebyt.”

Swanepoel sê haar pa se verloofde het probeer om die hond van hom af te kry en het selfs ’n kierie op die hond stukkend geslaan, maar die hond het nie opgehou nie.

Venter het dit reggekry om vir Lategan in die huis in te sleep en die veiligheidsdeur toe te klap. Die dokter is ontbied, maar Lategan het sy laaste asem uitgeblaas net soos wat die dokter opgedaag het.

Swanepoel sê die hond is drie jaar oud en was nog nooit aggressief nie. “Iets moes hom laat skrik het. Hy het nooit van harde geluide gehou nie.”

Nie die dokter of die polisie kon die perseel betree met die hond nie. Die hond is toe geskiet.

Swanepoel sê dit is ’n waarskuwing aan ander om versigtig te wees. Die vuurwerke en klappers, sowel as harde geluide kan honde aggressief maak. “Mens dink nie so iets sal ooit gebeur nie.”

Begrafnisreëlings sal later getref word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button