News

Parysenaar onder Noordwes-provinsie se bestes

Pieter Terre’Blanche, ‘n leerder van Hoërskool Ferdinand Postma, en seun van Muller en Gisella Terre’Blanche van Parys, is algeheel tweede in die Noordwes-provinsie met ‘n skitterende agt vakonderskeidings vir sy 2019 matriekeindeksamen. Hierbenewens beklee Pieter ook die eerste posisie vir Quintile 4 skole in die provinsie. In 5 van sy vakke het hy 90% en …

Pieter Terre’Blanche, ‘n leerder van Hoërskool Ferdinand Postma, en seun van Muller en Gisella Terre’Blanche van Parys, is algeheel tweede in die Noordwes-provinsie met ‘n skitterende agt vakonderskeidings vir sy 2019 matriekeindeksamen.

Hierbenewens beklee Pieter ook die eerste posisie vir Quintile 4 skole in die provinsie.

In 5 van sy vakke het hy 90% en hoër behaal, en boonop ‘n ongelooflike 98% vir Fisiese Wetenskap.

Pieter was vanjaar Hoërskool Ferdinand Postma se Dux-leerder, en in sy graad 7-jaar ook Dux-leerder van Parys Primêre skool.

Knap gedaan Pieter!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button