NewsNews

Sterftekennisgewing dui verkeerdelik aan dat oorledene se arm geamputeer is

Sterftekennisgewing dui verkeerdelik aan dat oorledene se arm geamputeer is

 

Toe Ryno Cawood Maandag (6 Januarie) sy pa, Ralph Cawood, se sterftekennisgewing van die Potchefstroom Hospitaal ontvang, het die fout wat daarop voorkom hom van voor af warm onder die kraag.

Die Herald het Desember verslag gedoen oor die beweerde swak behandeling wat die gesin met Ralph se hospitalisasie ondervind het (https://potchefstroomherald.co.za/68200/man-sterf-na-swak-behandeling-potch-hospitaal/). Die fout op die sterftekennisgewing is vir hulle net een te veel.

Op die sterftekennisgewing word twee blokkies aangedui waarin ‘n regter- en linker duimafdruk van die oorledene gemaak moet word. Die linker duimafdruk is gemaak, maar nie van die regterhand nie. In plaas daarvan is ‘n inskripsie in die blokkie gemaak wat lui “arm amputet.” Ryno sê sy pa se arm is nooit geamputeer nie.

Ralph Cawood is Woensdagaand (4 Desember) nadat hy ‘n beroerte gehad het, in die Potchefstroomse Hospitaal opgeneem. Hy is ‘n week daarna, op Woensdag (11 Desember), dood. Volgens Ryno het ‘n mediese dokter bevestig dat Ralph longinfeksie opgedoen het, nadat sy voedingsbuis verkeerd ingesit is.

Die Herald het dr. Shakung, die kliniese bestuurder van die Potchefstroom Hospitaal, Dinsdag (7 Januarie) vir kommentaar genader maar hy het tot op hede nie daarop gereageer nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button