NewsNews

Nou wag die finale van die SA Championships of the Performing Arts

Nou wag die finale van die SA Championships of the Performing Arts

Amore Britz, Mijanca Volschenk, Denise Lubbe en Kayla Weber (Booyens) het Saterdag 1 Februarie in Potchefstroom aan die semi-finaal van die South African Championships of the Performing Arts deelgeneem waar hulle in verskeie dans genres deurgedring het na die finale uitdunrondte wat van 21 tot 27 Maart in Rustenburg gehou word.

Nog ‘n Parysenaar, Vivienne Vivienne van der Schyff het by die streekuitdunne gekwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig met  verskeie monoloë en om  deel te wees van groepproduksies van die Linda Theron Drama Studio by die SACOPA South Africa Championships of Performing Arts in Rustenburg.

Amore Britz, ‘n graad 6 leerder, wat vir Jazz, Musical, Lyrical en Bhangra deurdring na die finale uitdunrondte van die South African Championships for the Performing Arts. Foto: Verskaf.

Mijanca Volschenk het deurgedring na die finaal met haar Contemp, Lyrical, Bhangra, Jaxx en Musical danse. Foto: Verskaf

Denise Lubbe het deurgedring na die finaal met haar cha-cha, Jive, Contemp, Bhangra, Lyrical en Musical danse. Foto: Verskaf

Kayla Weber (Booyens) het deurgedring na die finaal vir Lyrical Contemp, Jazz, Bhangra en Musical. Foto: Verskaf

Vivienne van der Schyff. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button