NewsNews

Waterredding: So wil Community Care vrywilligers help

Waterredding: So wil Community Care vrywilligers help

Vrywilligers van Community Care was onlangs ook op hul pos om hulp te verleen by die hangbrug waar Parysenaars self die moue opgerol het om, soos sewe jaar gelede, die dorp se hangbrug te verf.
Maar wie en wat is Community Care?
Die Community Care-span bestaan tans uit agt lede – almal opgeleide paramedici wat voltyds in die beroep staan, maar van wie die meeste nie in Parys woon nie, maar na-ure en naweke hul passie vir hul beroep uitleef deur gratis die polisie en bestaande nood mediese dienste te help, waar ookal hulle bystand kan verleen.
Johan Louw, een van die spanlede, vertel hoe hy self ervaar het hoe lank dit kan neem om ‘n ambulans in nood te kry, toe ‘n buurman van hom agt jaar gelede hier in Parys dringend hulp nodig gehad het. Hy en sy kollegas het daarna die diens vir Parys begin.
Omdat hulle nie voltyds beskikbaar is om hulp aan Parysenaars te kan verleen nie, vra hulle dat mense met nood steeds die polisie of bestaande nooddienste sal skakel wat op hul beurt weer die span sal aktiveer, sou daar nog hande vir bystand nodig wees.
Die Community Care voertuig is geborg deur die Papavarnavas-familie van Parys, en hou die familie ook steeds die voertuig in stand. Parys Rotary het hul hemde geborg.
Tans is die span besig met beplanning om ook waterredding bystand te kan verleen aan die SAPD en nooddienste, met die oog op die talle verdrinkings wat gereeld in die Vaalrivier by Parys gesien word. In die mees onlangse voorvalle wat gerapporteer is, het ‘n jong seun vroeg Desember 2019 by die hangbrug verdrink, en einde Desember ook twee mans by die Mimosa Tuine.
Dit was juis na die Desember-verdrinking by die hangbrug dat ARK Boats ‘n toegeruste waterreddingsboot vir Community Care geborg het Nou word daar nog net gesoek na skenkings vir reddingsbaadjies en veiligheidshelms. Die span is reeds besig met die nodige waterredding opleiding en sal na verwagting binne die nabye toekoms gereed wees om ook hier ‘n baie nodige bystanddiens aan die polisie te kan lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button