NewsNews

‘n Moeder se wens: ‘As ons nog net 5 minute saam met jou kon kry…’

Hoërskool Driehoek-brugramp – Een Jaar Huldeblyk

Eerste publikasie op 5 Februarie 2020 in Vaalweekblad se HS Driehoek-huldeblyk

Mev. Annelie Currie, ma van Marli wat op 1 Februarie 2019 onder die loopbrug gesterf het, het Saterdag, 1 Februarie 2020, haar hartseer in dié brief verwoord en dit met Vaalweekblad, Gazette se susterspublikasie gedeel:

Marli, Sussa, vandag is dit 365 dae – een volle jaar vandat jy onverwags van ons weggevat is. Dit voel vandag nog so onwerklik. Ons mis jou en verlang nog elke dag vreeslik na jou. Jou plekkie is leeg langs ons.Ons het vandag (Saterdag, 1 Februarie 2020) vir jou ‘n pienk roosboom by die skool gaan plant, en ballonne laat opgaan – spesiaal net vir jou, my kind. Mense sê dit word met tyd makliker, maar vir ons raak dit net moeiliker want hoe kan ons aangaan met ons lewens sonder jou daarin?Max, jou worshondjie, mis jou ook. Hy wag nog elke dag dat jy huis toe kom. Hy pas Mamma so op, Sussa. Ons mis jou stralende glimlag en jou drukkies oneindig baie. Jy het altyd omgegee oor ander en sou help waar jy kon. Jy het ‘n hart van goud, my kind.Vele kere word daar nog ‘n ekstra bord en glas uitgehaal of ingedagte wil ons ry om jou by die skool te gaan haal. Mamma mis ons dogter-en-ma
geselsies en ons lekker laggies saam, en ons naweektydjies alleen as Pappa en Boetie gaan jag het.Wens ons kon nog net vyf minute saam met jou wees. Nog net een keer jou lag hoor en jou nog net een keer druk, en nog net een keer…Sussa, jy het nog soveel gehad om voor te lewe. Dis nou alles weggevat van jou. Ons sal nooit die voorreg hê om te sien hoe jy jou hoërskoolloopbaan voltooi nie.
Ons mis uit op jou “Sweet Sixteen”, jou matriekafskeid, jou mondigwording, jou verlowing, jou troue en om eendag ons kleinkinders te sien.Ons harte is stukkend sonder jou maar ons weet dat ons jou wel eendag weer sal sien.

Oneindig baie lief vir jou! Liefde, Mamma, Pappa Morné en Boetie Keanu.

‘n Moeder se wens: ‘As ons nog net 5 minute saam met jou kon kry…’

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button