News

Uitspraak na twee se dood volgende week voortgesit

Uitspraak na twee se dood volgende week voortgesit

Die ses mans van Parys wat aangekla is van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, sal volgende week weer in die Hoë Hof in Parys voor regter Corné van Zyl verskyn wanneer voortgegaan word met die uitspraak in die verhoor. Die saak is van 17 tot 20 Maart op die hofrol geplaas.
Daarna sal die hof weer van 6-9 April sit vir voorvonnisoplegging prosedures, en vonnisoplegging sal dan na verwagting van 28-30 April geskied.
Met die hof se laaste sitting in Oktober 2019, het regter Van Zyl ‘n opsomming van nog een van die 204 getuies, Wikus van der Westhuizen, voorgelees. Regter van Zyl het toe met die verdaging van die hof aangedui dat sy Muller van der Westhuizen se getuienis (nog een van die 204-getuies vir die staat), sal hanteer saam met die ander 204 getuienisse wanneer die hof in Maart sit.
Al die beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren, ontken skuld op die klagtes van moord. Boeta en Loedie is ook aangekla van regsverydeling.
Die staat het in sy saak aangevoer dat die beskuldigdes, Tjixa en Jubeba, sodanig op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip sou aangerand het dat hul kort daarna in die Parys en Pelonomi-hospitale onderskeidelik aan hul beserings beswyk het.
Die oorledenes is vasgetrek nadat ‘n groot aantal mense gereageer het op ‘n noodroep van Loedie van der Westhuizen Sr. na ‘n plaasaanval op sy plaas Biesiesbult, ook in die Weiveld-distrik. Hy is sedertdien oorlede.
Die verhoor is oor die afgelope vier jaar gekenmerk deur vele oponthoude.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button