
Terwyl talle in die groter Parys steeds daagliks ‘n worstelstryd voer om met emmers, water aan te dra van watertenks wat oraloor opgesit is omdat Parys al vir maande onder ‘n ernstige waternood gebuk gaan, is daar ook baie wat nie eens behoorlike houers het vir die water nie.

Andy en Marizaan Leondios van La Grand Chateau en Woodlands het dié nood raakgesien en verlede week 800 emmers gaan aflaai in van die woonbuurte waar die nood op sy hoogste is, onder meer by die Ratang Maqheku Daycare Center waar na ongeveer 20 bejaardes omgesien word.

En dit is sulke omgee wat hoop gee in tye soos dié

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



