Local newsNews

Hillbillies en Golden Eagles sorg vir uithaler aksie by rugbyfees in Parys

Maak 'n draai by Hoërskool Parys se rugbyvelde en kom geniet die rugby-aksie.

Na ‘n baie suksesvolle oggend waartydens die Future Griffons jonger spelers op die veld touwys gemaak het, het die Hilbillies en die Golden Eagles mekaar die stryd aangesê in vanoggend se eerste wedstryd van die Golden Oldies rugbyfees wat vandag op Hoërskool Parys se rugbyvelde beslis word.

Wedstryde waarna jy nog kan uitsien vandag

  • 13:00 – Bethlehem se Ou Are teen Old Bears.
  • 14:00 – Parys se Umfula Golden Oldies sluit die dag af met hul wedstryd teen die Welkom Legends. 

Daar is ‘n snoepie en verskeie kosstalletjies. Bring jou hele familie en jou vriende en kom geniet uithaler rugby by die fees wat beloof om ‘n gesinsdag soos min te wees.

Toegang kos slegs R20 vir volwassenes en R10 vir kinders o12.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button