NewsNews

Oepsie – reëls oortree kan jou duur te staan kom

Haarkapper beboet

Mense is bekommerd en sê dat hulle nie langer sonder inkomste kan oorleef nie. Hieronder tel veral haarkappers, skoonheidsterapeute en saloneienaars waarvan baie sê dat hulle nie seker is of hulle weer hul salondeure sal kan oopmaak nie. Baie oorweeg nou eerder om van die huis af te werk.

Maar terwyl mense wurg om uitgawes te betaal en te oorleef, en al meer mense noodgedwonge planne maak vir inkomste – wettig of onwettig, berig Elsje Vermeulen van Vaalweekblad dat  ‘n bekende en gewilde haarkapper van Vanderbijlpark ‘n stewige boete moes betaal toe die haarkapper glo betrap is waar daar hare gedoen is by die huis. Die boetebedrag glo R5 000 maar berig Vaalweekblad – die bedrag kon nie bevestig word nie. Ook vir die kliënt was daar glo ‘n boete van R1 500.

Haarkappers en skoonheidsalonne sal na verwagting eers weer met die instel van Vlak 1 regulasies mag werk, maar voel haarkappers dat hul juis een van die bedrywe was wat selfs voor inperking van die strengste higiëne maatreëls in plek gehad het.

En deesdae lyk selfs die honde se kapsels beter as die van  hul eienaars.

Lees ook hierdie aangrypende stuk wat ‘n haarkapper van Parys geskryf het oor waarom haarkappers as essensiële dienste gesien moet word. 

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/37113/challenging-times-for-hairstylists-this-is-why-we-can-be-seen-as-essential-service/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button