NewsNews

Treklorrie-episode bring Kaapse kat tot by PAWS

Charlie is net voor die inperking in Bailliepark opgespoor en na PAWS geneem waar sy reeds die afgelope ses weke versorg word.

Die soeke na ‘n Kaapse kat het danksy sosiale media, inwoners van Potchefstroom en die samewerking van PAWS en Potch Pets, onlangs ‘n baie gelukkige einde gehad.

In Februarie vanjaar het ‘n inwoner van Durbanville, Cindy Zandberg, se gemmerkat Charlie, skielik verdwyn. Einde Maart is die katjie wonderbaarlik in ‘n huis in Bailliepark, sowat 1 293 km noord van haar ouerhuis, opgespoor.

Charlie, ‘n gemmerkat, gaan weer binekort by haar eienaar in die Kaap verenig word. Sy het per trektrok in Potch beland.

 

Die vermoede bestaan dat die gemmerkat in die trok van die vervoermaatskappy wat die bure se meubels na Potchefstroom vervoer het, geklim het en toe die reis van meer as 1 000 kilometer na die Noordwes meegemaak het.

“Al wat ek kan dink is dat Charlie ongesiens in die treklorrie moes geklim het. Ek het so lank na haar gesoek en haar inligting op elke moontlike Facebook-groep gedeel,” vertel ‘n verligte Cindy.

Na ‘n lang soektog met talle sosiale media plasings is hierdie wyfie gevind. Charlie is net voor die inperking in Bailliepark opgespoor en na PAWS geneem waar sy reeds die afgelope ses weke versorg word.

Michelle Swart van PAWS en Cindy kommunikeer elke dag en stuur foto’s en video’s van hoe die vierjarige kat versorg word.

“Ek is so bly vir PAWS wat so goed na haar kyk en my op hoogte hou. Afhangende van haar inspuitings en die vervoermaatskappy behoort sy teen volgende week terug te wees by die huis,” noem Cindy. Sy het reeds vir Charlie sedert sy ‘n twee weke oue babakatjie was.

“Ek stuur gereeld vir Cindy video’s en foto’s en maak seker dat sy ook weet hoe dit met Charlie gaan. Ek weet nie hoe of hoekom sy in die lorrie was nie, maar ons is almal bly dat sy amper huis toe kan gaan,” sê Michelle. Daar wag nou weer ‘n lang reis vir Charlie met haar helderpienk bandjie – die keer terug suidwaarts waar haar hart lê.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Treklorrie-episode bring Kaapse kat tot by PAWS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button