News

Tegniese spanne werk onverpoosd

Daar is dalk 'n kans vir vanaand

Eskom en Ngwathe se tegniese spanne werk steeds onverpoosd en daar is ‘n moontlikheid dat Parys dalk tog later vanaand mag krag hê.

Hou assseblief in gedagte dat dit geweldige omvangryke herstelwerk is wat gedoen moes word by die Eskom-substasie waar ‘n brand Dinsdagaand uitgebreek het, en dat daarom presiese tydsraamwerke vir die voltooiing van die herstelwerk nie gegee kan word nie.

Alle Parysenaars word gevra om sodra die krag sou aankom asseblief saam te werk om nie onnodige las op die kragnetwerk te plaas nie. Skakel nie-noodsaaklike elektriese toestelle af en spaar krag waar jy kan.

Die munisipaliteit sal voortaan munisipale beurtkrag moet toepas om die las op die netwerk te verlig en sal dit nodig wees dat mense sal moet help om verbruik te spaar waar moontlik.  ‘n Skedule vir die beurtkrag sal deurgegee word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button