
Die vuurwapen amnestie periode vir 2019/2020 wat op 1 Desember 2019 begin het, verstryk op Sondag 31 Mei. Die amnestie tydperk is nie met die tyd van hierdie skrywe verleng nie.
Parysenaars sal dus nog net hierdie Saterdag en Sondag (30 en 31 Mei) tussen 08:00 tot 16:00 wanneer die betrokke beamptes aan diens is, geleentheid hê om te kom aansoek doen vir amnestie by die Parys-polisiestasie.
Persone wat van die amnestie periode wil gebruik maak, sluit in:
1. Mense wat in besit is van vuurwapens sonder die betrokke vuurwapen se wettige vuurwapenlisensie, permit of wettige toestemming vir die besit van die vuurwapen.
2. Mense wat in besit is van vuurwapendele sonder lisensie vir die vuurwapen waarvoor dit bedoel is.
3. Mense in besit van ammunisie sonder ‘n vuurwapen waarvoor die ammunisie bedoel is of wapenversamelaars permit.
4. Mense wat in besit is van onwettig ingevoerde vuurwapens
5. Mense wat vuurwapens ge-erf het maar nagelaat het om lisensies, permitte, of wettige goedkeuring vir die wapen te kry.
6. Mense wat onbevoeg verklaar is om ‘n vuurwapen te besit maar nie die vuurwapen of ammunisie oorhandig het nie.
7. Besighede, insluitend private sekuriteits besighede wat nie meer in bedryf is nie versuim het om ontslae te raak van die vuurwapens en ammunisie wat vir die besigheidsdoeleindes gebruik is.
8. Mense in besit van vuurwapens waarvan die lisensie, permit of goedkeuring verval het volgens wet.
Onthou dat jy dus in hierdie amnestie periode wat nou einde Mei verstryk enige onwettige vuurwapen of ammunisie, of vuurwapen wat jy nie meer sou wou hê of nie voor gelisensieer was nie, of enige vuurwapen dele wat jy nie wettiglik in jou besit kon hê nie, dus kan oorhandig, sonder die vrees van vervolging vir onwettige besit.
Mense wie se vuurwapenlisensie verval het, kan dit ook inhandig vir veilige bewaring totdat die lisensie hernu is. Dit geld egter net in gevalle waar vuurwapeneienaars ‘n vuurwapen bevoegdheid sertifikaat het.
Onthou ook dat jy vuurwapens wat wettiglik in jou besit en gelisensieer is, sowel as ammunisie wat jy wettiglik sou besit en wat jy aan die polisie vrywilliglik wil oorhandig vir vernietiging, ter enige tyd kan doen nie net tydens ‘n amnestie periode nie.
Vuurwapens wat ingehandig word, sal eers nagegaan word





