News

Vlak 3: Wat jy moet weet oor lisensies, pakkies en vlugte

Vlak 3: Wat jy moet weet oor lisensies, pakkies en vlugte

 

* Lisensiekantore: Parys se lisensiekantoor het ook weer Maandag heropen en sou alle dienste weer soos voor inperking gelewer kon word. Mense is wel Maandag gevra om self afskrifte van dokumente te maak en dit te laat waarmerk voordat hulle na die lisensiekantore gaan, omdat die fotostaatmasjien buite werking was.
Alle leerlingbewyse, rybewyse, tydelike rybewyse, voertuiglisensies, tydelike permitte, padwaardigheidsertifikate en professionele bestuurspermitte wat verstryk het in die tyd van inperking van 26 Maart tot 31 Mei, is steeds geldig en sou vanaf 1 Junie vir ‘n verdere 90 dae verleng word, het Netwerk24 berig. Motorhandel-lisensies sou ook volgens die beriggewing met ‘n ses maande grasietermyn verleng word.

* Poskantoor: Vandeesweek is lang rye mense ook weer by die plaaslike poskantoor gesien vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor se mikpunt was om vandeesweek al sy takke landwyd oop te hê en weer alle dienste te kon lewer. Toe die Poskantoor op 25 Mei begin het om sy dienste te hervat, is beloof dat alle briewe en pakkies wat voor inperking gepos is en opgehoop het, binne drie weke nadat die Poskantoor ten volle heropen het, afgelewer sal wees.
Hou egter in gedagte dat hoewel die poskantoor se sorteer- en vervoerdienste nou weer landwyd in bedryf is, afleweringstye vir pakkies geraak is weens die opeenhoping voor inperking, en weens die skofstelsel wat by possorteergeriewe gebruik moet word om die getal werkers op persele te beperk. Pakkies kan nagespoor word by www.postoffice.co.za/Tools/tracttrace.html. Mense kan ook die Poskantoor se inbelsentrum by 0860 111 502 skakel.

* Lughawens: Vanaf Maandag 1 Junie is die Kaapstadse, King Shaka, O.R. Tambo en Lanseria lughawens oop vir beperkte kommersiële binnelandse vlugte. Vlugte vir sakedoeleindes word nou toegelaat, maar nie vir toerisme of ontspanning nie. Toestemming vir ander passasiers wat moet reis sal op meriete oorweeg word, byvoorbeeld as jy vir mediese behandeling moet reis of na ‘n siek nabye familielid moet omsien.
Geen internasionale vlugte word nog toegelaat nie, behalwe gemagtigde repatriasievlugte vir Suid-Afrikaners wat uit die buiteland uit na Suid-Afrika teruggebring word, of wat uit Suid-Afrika geneem moet word.
Mense moet onder meer buite die lughawegehou op- en af gelaai word, moet te alle tye maskers dra, en geskrewe magtiging of bewys hê van die bestemming en rede waarom hulle moet reis. As jy nie die geskrewe magtiging kan toon nie, sal jy nie toegelaat word om te vlieg nie. Jy sal ook ‘n siftingstoets moet ondergaan voordat jy in die terminaalgebou mag ingaan.
Geen etes sal op vlugte bedien word nie, en daar sal ook nie tydskrifte op die vliegtuig beskikbaar wees nie.
Passasiers sal in kleiner groepe aan boord gaan, maar die gewone aantal passasiers sal op ‘n vlug toegelaat word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button