News

Dragtige stoetkoeie op boer se plaas in die Carletonville-omgewing geslag

Dragtige stoetkoeie op boer se plaas in die Carletonville-omgewing geslag

Volgens die kommunikasiebeampte van die polisie in Carletonville, ao. Peter Masooa, was alles op mnr. Willie Lubbe se plaas Holfontein op 3 Junie omstreeks 18:00 nog in orde.

‘n Werker het hom egter die volgende oggend omstreeks 05:30 laat weet dat veediewe deur die nag toegeslaan het. Hulle het ses swaar dragtige Simbra stoetkoeie afgeslag waar hulle in ‘n kamp gewei het. Volgens Lubbe is die waarde van die beeste sowat R200 000.
“Daar is al voorheen van my beeste gesteel, maar nog nooit so baie nie,” het Lubbe Maandag aan die Herald gesê.
Volgens hom is sy bure reeds in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir die veediewe. Teen druktyd was niemand nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button