
Terwyl daar Dinsdagmiddag 25 Augustus net na 13:00 nog net 5 eenhede bloed geskenk is in Parys, het inwoners na die Bloeddiens se pleidooi die middag ongelooflik gereageer en is 32 eenhede bloed kort daarna by die mobiele skenkersentrum geskenk. Dit beteken dat Parysenaars vir Augustus ‘n totaal van 201 eenhede bloed geskenk het. ‘n Ongelooflike uitreik na hulle in nood. Dankie aan elke bloedskenker wat gereageer het en elkeen wat die boodskap gedeel het.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



