News

Gemeentelede rol die moue op vir kerkgebou

Gemeentelede rol die moue op vir kerkgebou

As daar kerk gebou moet word, staan die hande van Schonkenville se mense vir niks verkeerd nie. Lidmate van die Christen-gemeente in Schonkenville het nou self begin bou aan ’n kerk nadat die sinkgebou wat hulle vroeër opgerig het op grond wat vir hulle geskenk is, net té klein en té warm geword het vir kerkhou veral in die somermaande. Herman Johnson, hoofleier van die gemeente wat ook die erdedienste lei, vertel dat die gemeente in die laat tagtigerjare gestig is. Vandag is daar nagenoeg 50 lidmate. Aanvanklik is aan huis kerk gehou, en later die gemeenskapsaal in Schonkenville gehuur vir eredienste.

Toe die gemenete die grond gekry het, is die sinkstrukstuur opgerig, maar is dit sy visie om ’n kerk vir die gemeente te bou. Lidmate – oud en jonk, bou self soos wat daar geld is vir boumateriaal en wil hulle teen Desember hê dat die kerkgebou moet staan met sitplek vir 100 mense in die kerk. Hoewel die boumateriaal meestal uit gemeentelede se eie sakke kom, is daar ’n groot nood vir stene, sement, dakkappe en sink. As jy kan help skakel Herman by 072 764 3731.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button