News

So vertrap beeste grafte

Beeste vertrap grafte

Mnr. Gert van Straaten, ’n inwoner van Viljoenskroon, moes verlede week tot sy ontsteltenis sien hoe beeste geliefdes se grafte en grafstene in die Vredefort begraafplaas vertrap. Mnr. Van Straaten vertel dat hy en sy broer ’n hele trop beeste in die begraafplaas gekry het wat besig was om tussen die grafte te wei. Omgestampte en beskadigde grafstene kon oral gesien word, en dit wil lyk asof die beeste gereeld hier wei, sê hy. Boonop is daar geen toegangsbeheer by die begraafplaas nie. Dieselfde word ook in die begraafplaas in die nywerheidsgebied van Parys gesien, waar beeste knaend enorme skade aan grafte en grafstene aanrig. Ook hier is geen heining of wag wat die beeste uit die begraafplaas hou nie. Klagtes by die munisipaliteit het tot dusver net op dowe ore geval, kla inwoners. Die vraag is: Wie betaal vir die skade aan die grafstene?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button