
Haar hart was in haar glimlag, haar liefde met oop arms, haar omgee opreg. Iemand wat in alles wat sy gedoen het, vir haar kinders geleef het, voluit tot die laaste oomblik wat sy op 2 Oktober gesterf het – rustig tevrede soos sy was, in die ouderdom van 74 jaar.
Sovele sal Marietjie Vos se hartlike geselsies onthou by Prinskaste, maar ook by die skool of waar sy ookal sou kom – ’n Ma en Ouma altyd op haar pos. Jonk van gees. Altyd daar. Sy kon in die minste vreugde vind. By die see en tussen haar mense was sy op haar gelukkigste.
Die troosdiens is Woensdag 14 Oktober om 11:00 uit die AP Kerk Parys. Marietjie word oorleef deur haar kinders, Malinda, Jaco en Leon en hul eggenote, 6 kleinkinders, ’n broer en skoonsuster.
- Ons innige medelye met haar familie.




