NewsNews

Sinkgat ontstaan op inwoner van Golfpark se erf

Sinkgat ontstaan op inwoner van Golfpark se erf

 

MEYERTON. – ’n Span van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het vroeër vandag inspeksie gedoen by ’n sinkgat wat by ’n erf in Golfpark ontstaan het. Die perseel is glo naby die Meyerton-gholfbaan geleë.

  Vaalweekblad verstaan dat daar al voorheen ‘n sinkgat op dieselfde erf onstaan het en dat die vorige gat toegemaak is. Volgens raadsheer Phil Pretorius, raadslid vir wyk 14 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, is prosesse aan die gang gesit om die area naby die gat te beveilig en die probleem op te los. Dié soort gate word deur die werking van water in oplosbare gesteentes gevorm waardeur oppervlakwater na ondergrondse reservoirs gevoer word. Volgens Pretorius is gedeeltes van Golfpark destyds op dolomitiese grond gebou. Hy meen dat die probleem van sinkgate in die omgewing dalk ‘n groter probleem is as wat mense dink en het gesê dat hy die munisipaliteit se ingenieursafdeling sal raadpleeg om oplossings te probeer vind. Pretorius het ’n beroep op inwoners gedoen om klagtes in hierdie verband by die Midvaal-klagtelyn te rapporteer by 0861 643 8225.

Related Articles

Back to top button