News

Feathers-lede bekyk Koedoeslaagte se voëlverskeidenheid

Feathers-lede bekyk Koedoeslaagte se voëlverskeidenheid

 

Na lang grendelmaande kon lede van die plaaslike Feathers Voëlklub uiteindelik hul eerste volwaardige na-Covid19-uitstappie hou, en is daar by Koedoeslaagte buite Parys gekuier.
Dertien klublede het die uitstappie meegemaak en was dit beslis die moeite werd om die oggend vroeg te begin om te gaan voëls kyk. Die groep het 46 voëlspesies aange- teken.
Aan die einde van die stap het die Piet-my-vrou, wat normaalweg ‘n skaam voël is, oop en bloot in ‘n boom gesit en almal die geleentheid gegee om na hartelus te kyk en foto’s te neem.
Na dié vertoning is die piekniekmandjies oopgemaak en daar is lekker gekuier. Die lys van voëls wat Feathers aangeteken het, is beskikbaar by Koedoeslaagte.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button