


Verkenners van Parys Voortrekkerkommando het vanmiddag hulde gebring aan hulle wat met hul lewens betaal het in Wêreldoorlog I. Die oorlog is op 11 November 1918 om 11:00 beeïndig. Altesaam 18 600 Suid-Afrikaners is in die oorlog gewond waarvan 12 452 gesterf het.
Vanmiddag is kranse gelê by die monument voor die stadsaal wat destyds opgerig is ter nagedagtenis aan hulle wat in die distrik gevestig was en wat in die oorlog gesterf het. 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



