News

Moths: Só word hulle onthou wat nie meer hier is nie

Moths: Só word hulle onthou wat nie meer hier is nie

 

Dalk het jy dié manne en vroue, fier en regop, trots in hul uniform, by ‘n gedenkteken of monument waar kranse gelê word sien staan op die Sondag naaste aan 7 Mei met die herdenking van die stigting van die Moths. Óf die Sondag naaste aan 23 Oktober vir die herdenking van El Alamein, óf in November vir die herdenking van die beëindiging van Wêreldoorlog I. Op hul lapelwapens ‘n miniatuur staalhelm – die simbool van die Orde. Hulle wat saamgesnoer is met troue kameraadskap, onderlinge hulp en opregte nagedagtenis om hulle te onthou wat nie meer daar is nie. Wat sy aan sy geveg het, maar die hoogste prys moes betaal.

Die foto is geneem tydens die Orde se 90ste herdenkignsparade in Durban. Foto: Verskaf

Wie en wat is die Memorable Order of Tin Hats (M.O.T.H)?

Die Moths is ’n nie-politiese, nie-sektariese organisasie van dienende en oudgediende mans en vroue wat ‘n diens gelewer het in ‘n aktiewe oorlogstoneel, insluitend ons grensoorloë. ’n Edele organisasie van manne en vroue met 170 ‘Shellholes’ landwyd – ook in Parys waar die Barrage Shellhole gevestig is. Dit is hierdie 3 700 manne en vroue oor die land wat vir meer as ‘n halwe eeu uitreik in hul gemeenskappe. Die organisasie self is in Suid-Afrika gestig, maar het vandag ook ‘Shellholes’ in Engeland, Ierland, Namibië, Zimbabwe, Zambië en Swaziland. Hulle help behoeftiges; bou huise vir oudgediendes, dra by tot finansiële en ander hulp vir liefdadigheid, voorsien beurse en onderwystoelaes, reik uit na gewondes in militêre hospitale, en vereer diegene wat gedurende oorloë gesneuwel het. Dit is hierdie manne en vroue wat die wreedheid, ontbering en swaarkry van oorloë beleef het, maar wat die keuse gemaak het om nou met welwillendheid en vriendskap uit te reik na hulle wat saam met hulle geveg het, maar ook in hul gemeenskappe, ongeag maatskaplike status of politieke oortuiging. Dit wat die Moths vrywillig in hul onderskeie ‘Shellholes” doen, word wyd erken.

Hoe sluit jy aan?

* Jy moet bewys hê van aktiewe diens in enige erkende oorlog, insluitend ons grensoorloë.

* Jy moet ‘n lid van jou plaaslike Moth-eenheid nader. So ‘n lid kan dan reël dat jy die volgende maandelikse vergadering bywoon. Jy is nie verplig om aan te sluit nie.

* As jy aan die kriteria van lidmaatskap voldoen, kan jy as lid van die Orde verkies word, maar onthou dat bewys van oorlogsdeelname alleen nie noodwendig die reg tot lidmaatskap gee nie.

Daar is geen ouderdomsperk aan dié organisasie se lede wat ook ‘n hand van vriendskap na vandag se vegsmanne uitreik. Vir meer inligting oor die plaaslike Shellhole (Barrage Shellhole in Parys), kontak André by 082 479 2598 of Tobie Schlebusch by 074 777 7473.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button